'n MUNDJIE OF N NOOT
"Dis nie rêrig vir n halwe wit brood"


'n Desperate, lewensmoedige wesen wat roep na hulp
Sy Hartseer en eensaamheid probeer vergeet
Deur die enigste vertroosting wat hy van weet
Sy botteltjie vertroosting, lei hom weg van sy sorge en leed
Verlate op n randsteen
Sit hy daar, met sy hand uit gesteek
Môre as die son weer, vir jou en my skyn
En ons lewe met warmte streel
Is dit vir hom nog n lang dag
Van n wanhopige bestaan
Nog n dag in sy lewe, hierdie lewe
Van hom, wat net nie kan klaar kom
Weer sit hy daar met sy hand uit gesteek
Smekend vir n mundjie-silver of brons
Sy vertroosting in n botteltjie, moet hy bekom
Voor môre, as sy donker son weer opkom


 

BACK   NEXT

 


Copyright (c) L-Morgan Cooper ~ All Rights Reserved